Jubeljaar!

freedom 2Jubeljaar! is ‘n een-jarige deeltydse Dissipelskap Begeleidingsgeleentheid. Inskrywings open jaarliks aan die begin van September. Die roete begin in Januarie en duur tot aan die einde van November.

Ons praat van ‘n roete, juis omdat ons glo dat dissipelskap nooit in ‘n kursus vervat kan word nie. ‘n Roete is ook gemaak vir saam-stap, omdat dit onmoontlik is om dit geisoleerd te doen.

Die roete werk as volg: Een keer per week ontmoet ons vir ‘n kontaksessie wat 90 minute duur. Die kontaksessie vind op ‘n informele wyse plaas. ‘n Dissipel-leier begelei jou deur die hele roete en help jou om die grondbeginsels van navolging van Jesus in jou lewe te implementeer.

 

Comments

Be the first to comment.

Leave a Reply